15 April het ons ‘n Unieke Pro’20 spanbou gehad. Die personeel was in ses spanne verdeel wat elkeen ‘n land (wat deelgeneem aan die ‘Pro 20’ Krieket byeenkoms) moes verteenwoordig. Die spanne is verdeel volgens personeel wat nie gereeld in werksverband saamwerk nie. Daarvolgens is stalletjies, uitrustings, kos, drankies & aktiwiteite uniek aan elke land deur die spanne voorberei / uitgestal. Die personeel het hulle goed van hulle taak gekwyt! Die volgende spanne het met die wenpryse weggestap:
- Spanwerk: Australië
- Kleredrag: Kenya
- Kos: Hong Kong 1ste , Skotland 2de, Ierland 3de, Australië 4de, Kenya 5de en Indië 6de.
- Speletjie: Skotland 1ste en Australië 2de
- Stalletjie: Australië 1ste, Hong Kong 2de, Kenya 3de, Scotland 4de, Ierland 5de en Indië 6de
Elke prys is deur ‘n aantal geldnote verteenwoordig en met die totale bymekaargetel, is Australië as die dag se Wenspan aangekondig. Veels geluk aan Amanda Swarts (Spanleier), Hendrik Rabie, Reghard Barnard, Stephanie Daniels, Krishka Faber, Felencia Smit en Anél van Deventer. Baie dankie aan die Sosiale komitee vir al die moeite met die reëlings. Baie dankie ook aan die beoordelaars Dawie Theron, Van Dyk Cilliers en Zuleka Lategan. Die dag was ‘n groot sukses!
Na afloop van ons Spanbou het ons die Pro’20 Krieket geesdrift laat voortleef in die vorm van krieketwedstryde tussen ons personeel en die personeel van BGR De Villiers Ing. Daar was onderskeidelik dames en mans spanne wat teen mekaar gespeel het. Paarl het hierdie rondte met altwee trofeë weggestap. Dankie aan PSG Wealth van Wellington wat die 10-a-side krieket toernooi geborg het. Gelukkig het ons wisseltrofees en vandaar sal daar binnekort nog ‘n wedstryd geskeduleer word.