Die onderstaande is basiese beginsels om versuurde werksverhoudinge te voorkom.
Grondbeginsels vir professionele verhoudinge:
- Self-respek
- Gedrag wat toon dat u:
- met waardigheid optree; en
- waardig is vir aandag van kollega
Almal ken die spreekwoord: “charity begins at home”… Respek begin by elke individu.
‘n Persoon kan nie respek teenoor iemand anders openbaar wanneer hy of sy nie self-respek het nie!
- Wedersydse respek
- Om iemand te hanteer/benader soos wat u hanteer/benader wil word.
- Wedersydse respek is die opregte agting vir die waardigheid van ‘n persoon of posisie.
- Wedersydse respek is ’n emosie wat gedemonstreer word deur gedrag.
- Wedersydse respek beteken nie dat ons met mekaar oor alles moet saamstem nie, maar dat ons steeds opinies lewer binne die waardigheidsraamwerk van wedersydse respek.
- Empatie / begrip
- ’n Mate van empatie / begrip is nodig in enige verhouding.
- Empatie is die vermoë om uself in iemand anders se skoene te kan stel.
- Empatie / begrip is ʼn opregte besorgdheid vir die ander persoon met geen “versteekte agenda” nie.
- Dit is die vermoë om iemand anders se situasie op ’n bepaalde oomblik te verstaan – hulle perspektief, emosies en aksies (reaksies).
- Samewerking
- Dit is ‘n gesamentlike poging van ’n individu of groep om ‘n gemeenskaplike doel te bereik.
- Die gesamentlike optrede van ‘n groep verseker dat take met effektiwiteit en doeltreffendheid afgehandel word.
Om saam te werk bou goeie verhoudinge!
- Wedersydse vertroue
- Wedersydse vertroue word beïnvloed deur ’n individu se karakter, integriteit en bewese vermoë.
U moet deposito’s in die verhoudingsrekening maak en slegs dan kan u vertroue daaruit onttrek …
- Toewyding
- Toegewydheid is ‘n ooreenkoms en ‘n belofte met uself en ander om lojaal te wees in enige verhouding en ooreenkoms.
- Toewyding is die gewilligheid om u tyd en energie te gee aan iets waarin u in glo, of ‘n belofte of ferm besluit om iets te doen.
Maniere van kommunikasie
- Dit is belangrik om te verstaan dat daar verskeie maniere van kommunikasie bestaan, nl:
- Verbaal, nie-verbaal en geskrewe. Let ook daarop dat interpretasies verskil. Dus, u manier van kommunikeer word beïnvloed deur wie u gehoor is!
Wat kan kollegas van mekaar verwag?
- Groet mekaar
- Sê asseblief en dankie
- Wees vriendelik en respekvol
- Neem mekaar in ag
- Wees betyds vir afsprake
- Meld betyds aan vir diens
- Trek professioneel en gepas aan
- Luister wanneer ʼn kollega praat
- Gebruik goeie taal – geskrewe en verbaal (onthou interpretasies verskil)
Wat doen ons wanneer ons meningsverskille het?
- Om u kollegas te verstaan, sal u help in die bou van ‘n beter verhouding met hulle.
- Ons doen dit deur oop, eerlike en duidelike kommunikasie.
- So ook het elke individu behoeftes wat bevredig moet word.
- Wanneer ons met etiket te doen kry, moet ons verstaan waarom mense moeilik of geirriteerd voel. Die rede hiervoor is duidelik – die basiese behoeftes wat hulle het, was nie vervul nie.
- Fokus op die probleem, nie die individu nie! Identifiseer die behoefte wat nie nagekom is nie en addresseer die kwessies.
- Die behoeftes kan een of meer van die volgende wees:
- Die behoefte om verstaan te word.
- Die behoefte om welkom te voel.
- Die behoefte om belangrik te voel.
- Die behoefte aan vertroosting.