Ons ouditkantoor is opgeknap en gevolglik het ons ‘n paar items gehad wat inhuis nie meer benut kon word nie. Ons het ‘n lugversorger aan Mev Venter van Parow geskenk, asook van die meubels aan Wamakersvallei Opleidingsentrum.
Groot geskenke of bydraes is dus nie altyd nodig om vir iemand tot seën te wees nie. Solank ons bereid is om behoeftes raak te sien en daarop te reageer, maak ons ‘n verskil in mense se lewens en in ons groter gemeenskap.