Morell (Rekeningkundige klerk) was ‘n stralende bruid toe sy en Justin Links Saterdag 7 Januarie in die eg verbind is.
Vrydag 13 Januarie was ons Afskopbraai. Die nuwelinge, Janine Bam (Rekenmeester), Pierre Burger (Rekeningkundige klerk) en Gavin Fraser (Rekeningkundige klerk) was met behulp van die sosiale komitee aan stuur van sake. Lené Scheepers (BGR Skakelbeampte) het ook die geselligheid bygewoon.
31 Januarie moes ons ongelukkig van Jacques Aldrich (Rekenmeester) en van Felencia Smit (Debiteure en Administratiewe Assistent) afskeid neem. Ons wens hulle albei vele voorspoed toe met die nuwe werkgeleenthede wat hulle aandurf.