Vir die indiening van inkomstebelastingopgawes, kontroleer gerus die onderstaande kontrolelyste, onderskeidelik vir Individue en vir Trusts, vir alles wat ons as Rekenmeesters benodig om u indiening te behartig. Stuur asb. teen 30 September 2017 die inligting aan ons.
Lys van dokumente benodig (Individue) | |
• IRP 5 sertifikate ter stawing van inkomste | |
• IT 3 sertifikate ter stawing van inkomste | |
• Dividendinkomste sertifikate | |
• Annuïteitsinkomste uit opgekoopte annuïteite | |
• Ander annuïteitsinkomste | |
• Enkelbedrag inkomste | |
• Gratifikasie met verlies van amp | |
• Wins met verkoop van polisse | |
• Wins met verkoop van kapitaalgoedere | |
• Inkomstes en uitgawes tov bedryf/besigheid | |
– Konsultasie, kommissie, dienste gelewer | |
• Verhuring van eiendom | |
– Huur ontvang uiteensetting | |
– Verbandstate | |
– Water en elektrisiteitsrekeninge | |
– Munisipale uitgawes rekeninge | |
– Onderhoud- en herstelskedule | |
– Versekeringskedule | |
– Telefoonskedule | |
– Lone- of skoonmaakkosteskedule (Tuindienste) | |
– Ander uitgawes | |
• Pensioenfondsbydrae sertifikaat | |
• Uittreeannuïteitsfondsbydrae sertifikaat | |
• Mediese fondsbydrae sertifikaat | |
• Mediese onkoste self betaal (voorsien kwitansies) | |
• Is u of u eggenoot of kind(ers) gestremd? | |
• Donasie kwitansie aan universiteite, kolleges of ander goedgekeurde | |
opvoedkundige instansies en Artikel 18 (a) – kwitansie | |
• Kapitaal wins/verlies | |
• ID nr van Eggenoot indien binne gemeenskap van goedere getroud | |
• Onthaaluitgawes met besonderhede | |
• Motorvoertuiguitgawes | |
– Voertuigtipe en aankoopsdatum | |
– Kosprys | |
– Bruikhuur of Afbetalingsverkoopsooreenkoms | |
– Bruikhuurpaaiemente en rente | |
– Registrasienommer | |
– Uitgawes ingeval logboek gehou was | |
– Logboek | |
– Verandering van voertuig gedurende die jaar? | |
– Datum van verkoop/aankoop | |
– Verkoopsprys/aankoopprys | |
• Bestaanstoelaag – dae afwesig van die huis | |
• Inkomste en uitgawes van boerdery aktiwiteite | |
• Getroud/Ongetroud | |
• Binne/buite gemeenskap van goedere of aanwasbedeling | |
• Inkomste van bronne buite die Republiek | |
• Ontleding van vaste eiendom, aandele, Kruggerrande, ens | |
• Ontleding van gesedeerde polisse | |
• Staat van bates en laste ingeval lid van BK, Trustee van Trust, | |
Direkteur van Maatskappy, Vennoot in Vennootskap of Eenmansaak | |
• Ontleding van transaksies met buitelanders | |
• Ontleding van Trusts waar u of u minderjarige kinders begunstigde is | |
• Persoonlike bankstate | |
• Rentebewys/sertifikaat |
Lys van dokumente benodig (Trusts) | |
• IT 3 sertifikate ter stawing van inkomste (rente en kapitaalwins) | |
• Dividendinkomste sertifikate | |
• Wins met verkoop van bates | |
• Inkomstes en uitgawes tov bedryf/besigheid | |
– Konsultasie, kommissie, dienste gelewer | |
• Verhuring van eiendom | |
– Huur ontvang uiteensetting | |
– Verbandstate | |
– Water en elektrisiteitsrekeninge | |
– Munisipale uitgawes rekeninge | |
– Onderhoud- en herstelskedule | |
– Versekeringskedule | |
– Telefoonskedule | |
– Lone- of skoonmaakkosteskedule (Tuindienste) | |
– Ander uitgawes | |
• Donasie kwitansie aan universiteite, kolleges of ander | |
goedgekeurde opvoedkundige instansies en Artikel 18 (a) – kwitansie | |
• Inkomste van bronne buite die Republiek | |
• Ontleding van vaste eiendom en nuwe eiendom aangekoop, aandele, | |
Kruggerrande, ens | |
• Trust bankstate |
Indien u enige navrae het, kontak gerus ons kantoor en gesels met u Rekenmeester. 021 864 5180.