Vrydag, 1 September, was Loslitdag! Die Tema was Diversiteit. Die personeel het op alle maniere Diversiteit uitgebeeld. Jacobus Maree en sy span het die wenprys ontvang deurdat hulle span van twaalf, vier kulture (Afrikaans, Engels, Zoeloe en Xhosa) van ons land uitgebeeld het. Daar was selfs maaltye voorgesit en familiestambome opgeplak. Die HR en Ondersteuningspan het tweede plek behaal en ons Salarisse en Lone Afdeling was in die derde plek.
Tydens Oktober word personeel weer van kanker bewusgemaak.
16 Oktober vier ons Basedag waartydens ons die Direkteure bedank vir al die geleenthede wat hulle vir ons as personeel bied om te kan deel wees van ‘n maatskappy wat groei en wat in individue investeer. Hulle leef die waardes van professionalisme, integriteit, etiese optrede en uitnemendheid en inspireer die personeel om ook daarvolgens op te tree om uiteindelik waarde toe te voeg waarokal daar betrokkenheid is.