Wanneer ‘n Werknemer met kraamverlof gaan, onderteken die Werkgewer ook ‘n UI-2.7 vorm waarop daar meestal verklaar word dat die Werkgewer geen vergoeding tydens die vier maande kraamverlof aan die Werknemer gaan betaal nie.
Indien die Werkgewer wel besluit om ‘n vaste gedeelte van die vergoeding van die Werknemer tydens die kraamverlof aan die Werknemer te betaal, word daardie bedrag op die UI2.7 aangedui wanneer ‘n aansoek ingedien word. ‘n Werknemer mag dus tydens haar kraamverlof ‘n gedeelte van haar salaris vanaf haar Werkgewer ontvang, mits die totale bedrag wat die Werknemer vanaf UIF en vanaf die Werkgewer ontvang, nie meer as 100% van die Werknemer se salaris is nie.
Na afloop van die geboorte van die kind, moet die Werknemer maandeliks die UI-4 vorm voltooi. Hierdie vorm vereis ‘n verklaring vanaf die Werknemer oor die bedrag vergoeding wat ontvang word. Indien die bydrae vanaf die Werkgewer verander, moet die Werknemer ook ‘n opgedateerde UI-2.7 vanaf die Werkgewer saam met die UI-4 na die Arbeidskantoor neem.
Indien ‘n Werknemer ‘n volle salaris tydens kraamverlof ontvang, kan geen UIF geeïs word nie