Meestersgelde is ‘n standaard administratiewe koste wat deur alle boedels betaalbaar is aan die Meesterskantoor waar die boedel gerapporteer was, hoofsaaklik as vergoeding vir die Meester se oorhoofse rol en administratiewe funksie.
In die verlede was Meestersgelde op ‘n glyskaal bereken en het, ongeag die waarde van die boedel, ‘n maksimum van R600 beloop.
Die berekening van Meestersgelde is sedert 1986 onveranderd.
Die wyse waarop Meestersgelde vanaf 1 Januarie 2018 gehef sal word, was gedurende November 2017 in die Staatskoerant gepubliseer en sal soos volg bereken word:
Boedelwaarde tot en met R250 000 | Geen Meestersgelde |
Boedelwaarde tussen R250 000 en R400 000 | R600 |
Boedelwaarde R400 000 PLUS | R200 vir elke R100 000 meer as R400 000 tot ‘n maksimum van R7 000 |
Die Meestersgelde op ‘n boedel van R1 Miljoen sal dus R1 800 beloop, terwyl dit in die verlede beperk was tot R600.
Die maksimum tarief van R7 000 sal dus van toepassing wees op boedels met ‘n waarde van R3,6 Miljoen en meer.
Dit verteenwoordig ‘n drastiese verhoging in die tariewe soos dit in die verlede bereken was, maar teen die agtergrond van die feit dat daar die afgelope meer as 3 dekades geen aanpassings gemaak was nie, is die verhoging nie so onrealisties nie.
Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za