Op 18 Julie 2018, as deel van ons Madibadag viering, het ons Huis Andrew Murray hier in ons tuisdorp besoek. ‘n Paar kollegas het die “Minute to Win it” speletjies gefasiliteer. Daar was verskillende stasies en die kinders het in groepe geroteer om teen mekaar deel te neem. Die dag was met die uitdeel van lekkernye afgesluit. Dankie aan elke kollega wat bygedra het tot die heerlike samesyn saam met die kinders.
Phillip Visagé, ‘n BRekLLB student te Stellenbosch Universiteit, het sy teoretiese kennis in die praktyk kom toepas. Ons beste wense vergesel hierdie belowende student in sy studies.
Op 31 Julie het ons van Johannie Truter en Suzaan Lambrechts (beide Assistent Rekeningkundige Bestuurders) afskeid geneem. Ons beste wense vergesel hulle vir die toekoms.
Augustus is Vrouemaand en ons dames gaan ‘n “Mental Self-Defence” sessie bywoon as deel van selfbemagtiging.
Neem asb. kennis dat ons kantoor op Vrydag 10 Augustus gesluit is.