Tydens die naweek van 12 tot 14 Oktober was ons personeel baie aktief. Veels geluk aan Joanne Els (Salarisse en Lone Administrateur) wat die 42.2km van die Voet van Afrika afgelê het. Lizette Vorster (Boedels Assistent) het 21km van Meiringspoort aangedurf en Elri Theron (Debiteurebeampte) het die 12.5km ook van Meiringspoort voltooi. Hendrik Rabie (Direkteur), Anél Rabie (Rekeningkundige Bestuurder) en Helga du Toit (Salarisse en Lone Administrateur) het FNB Gun Run se 10km kafgedraf.
Op 20 Oktober het van ons kollegas die Stoomtrein uitdaging aangedurf. Ongeveer 90 km was op ‘n aflosbasis vanaf Wellington na Tulbagh afgelê. Die spanne het uit fietsryers en drawwers bestaan. Hendrik Rabie (Direkteur), Riaan Broodryk (Direkteur), Elri Theron (Debiteurebeampte), Lizette Vorster (Boedels Assistent) en Pierre le Grange (Rekeningkundige klerk) het in verskillende spanne saam met familie, kliënte en vriende deelgeneem. Ten spyte van ‘n baie sterk wind het almal dit geniet en baie goed geeïndig. Van die gemengde spanne, het Hendrik en Elri se span 6de geeïndig, terwyl Lizette en Pierre se span 9de geeïndig het. Riaan se span het net uit mans bestaan en uit die 72 spanne, was hulle 46ste. Veels geluk aan almal wat deelgeneem het!
Oktober was kankerbewusmakingsmaand. Op 26 Oktober het ons koek en tee geniet, geluister na ‘n oud-kollega wat tans die stryd voer en ons het ‘n kersie aangesteek vir almal saam met wie ons vir beterskap vertrou.
Tydens November sien ons uit na die Jaareindfunksie wat om die draai is.