Alhoewel 2020 ‘n vreemde jaar was, kon ons by ons Jaareindfunksie terugkyk na nie net ‘n 2020 jaar nie, maar na twintig jaar van dankbaarheid omdat ons steeds ‘n suksesvolle en relevante besigheid is. Op 18 September 2000 was ons maatskappy in Wellington gestig. Dawie Theron, stigterslid, het saam met Elri Theron (Administratiewe en Debiteure beampte, asook Praktykbestuurder by FHBC Paarl kantoor) en Joanne Els (tans ‘n Salarisse en Lone Administrateur) die praktyk begin. Elri was oor die jare ook elders werksaam, maar sy is vanaf 2017 weer voltyds ‘n werknemer van FHBC. Joanne Els het egter 20 jaar ononderbroke diens.
Ons is dankbaar dat ons so ‘n groot mylpaal in ons maatskappy se geskiedenis kon bereik en vir elke werknemer wat deel is van die reis. Ons het ook sewe kollegas vir vyf jaar diens en vier kollegas vir tien jaar diens vereer. Dankie vir die toewyding om waarde tot ons maatskappy en sy kliënte se besighede toe te voeg. Dankie aan elke kliënt wat dit vir ons moontlik maak om diens te kan lewer. Baie dankie aan die Direkteure vir die leiding en visie. Dit is ‘n voorreg om saam te kan groei.
Einde Desember het ons ongelukkig afskeid geneem van Gavin Fraser (Rekeningkundige klerk). Alle voorspoed en sukses word hom toegewens.
Tydens Januarie verwelkom ons tien nuwe werknemers. Ons is baie dankbaar dat ons as ‘n gevestigde maatskappy geleentheid het om verder uit te brei, tot voordeel van ons kliënte. Ons is reg vir nog, ten minste, twintig jaar! Mag 2021 vir ons almal ‘n goeie jaar wees.