Drie Rekeningkundige klerke het hulle graad verwerf. Marilyn Hendricks word deur Anél Rabie (Bestuurder) geluk gewens. Santie Oberholzer (Direkteur) oorhandig Jaco Williams se gelukwensingspakkie. Jade Williams ontvang sy gelukwensingspakkie vanaf Reghardt Barnard (Bestuurder).
André Lambrechts het 3 Mei by FHBC MAS aangesluit. Welkom by die span.
Advokaat Lorraine Oosthuysen (Bestuurder: Regsadvies kommersiële dienste) is die stem van die POPIA opleidingsvideo. Ons deel graag twee fotos van die gebeure agter die skerms waar Lorraine die inhoud bespreek en Jeshua Crous (Praktykbestuurder) die opname behartig.
Twee kollegas, Reynier van Rooyen (Rekenmeester), en Adri le Roux (Rekeningkundige klerk), betree onderskeidelik Saterdag 15 Mei die huwelik. Ons vertrou dat elkeen se groot dag baie spesiaal sal wees en dat hulle huwelikke baie voorspoedig en geseënd sal wees.