Van ons kollegas het as deel van die “Wees die lig Wellington” projek vanaf 3 – 23 Mei 2021 ook die Perdeskoen roete gaan stap. Elsabé le Roux (Administratiewe en Sekretariële Bestuurder) was een van die kollegas wat die roete aangedurf het.
7 Mei was Pantoffeldag, ‘n jaarlikse fondsinsameling vir die “Reach for a Dream foundation”. Die personeel het die geleentheid benut om met pantoffels werk toe te kom.
Adri le Roux (Rekeningkundige klerk) se kombuistee was ook op 7 Mei gehou. Adri het op 15 Mei met Lizaad Williams getrou. ‘n Sprokiestroue vir ‘n pragtige bruidspaar. Ons beste wenste vergesel hulle vir hulle lewe saam.
Reynier van Rooyen (Rekenmeester), het ook Saterdag 15 Mei die huwelik betree. Ons vertrou dat Reynier en Danielle baie voorspoed en seën met hulle pad vorentoe sal beleef.
Vanaf 1 Junie 2021 het ons ‘n nuwe maatskappy as deel van die FHBC Groep. Lorraine Oosthuysen is saam met Dawie Theron ‘n Direkteur van FHBC Legal Consulting (Pty) Ltd. Ons weet dat hierdie maatskappy hoë hoogtes sal bereik.
Morné van Niekerk (Direkteur van FHBC Fiduciary Services (Paarl) (Pty) Ltd), Lizette Vorster (Administrateur) en Marius Vorster (Direkteur) van FHBC Fiduciary Services (Pty) Ltd se kantore is voortaan by die Nedbankgebou by Jan van Riebeeckstraat 21, Wellington. Hulle is bure van ons Salarisse en Lone span. Afhangende van die behoefte van kliënte, kan afsprake by die Paarl of die Wellington persele geskeduleer word.