“Not all heroes wear capes”. Op Dinsdag 20 Julie het ons kantoor as deel van ons Madibadag herdenking ‘n paar “heroes” met lekkernye pakkies bederf. Ons het by Wellington Community Day Centre in Newton (Wellington), Huis McCrone Kliniek (Wellington) en by TC Newman hospitaal (Paarl) aan die gesondheidswerkers bederfpakkies oorhandig. Ons is dankbaar vir hulle volgehoue onselfsugtige diens tydens die stryd teen die pandemie.
Op 30 Julie het ons van Liezl Rabie (Rekenmeester) afskeid geneem. Ons beste wense vergesel Liezl vir haar pad vorentoe.
Op Maandag 2 Augustus het Lee-Ann Erasmus as Rekenmeester by ons span aangesluit.
In Augustus gaan ons die koue omhels terwyl ons aan ‘n heerlike koppie sop smul.
In September sien ons uit na Loslitdag op Vrydag 3 September. Ons gaan ook ons 21ste bestaansjaar vier! Hou ons sosiale media dop vir meer inligting oor hierdie spesiale tyd vir ons maatskappy!