1 September was Sekretaressedag. Ons het die dames wat ons kliënte en personeel met soveel toewyding dien met ‘n lekker bederfpakkie bedank.
Op 16 Augustus 2021 het Michelle Swanepoel as Rekeningkundige klerk by ons aangesluit. 9 September verwelkom ons nog ‘n Rekeningkundige klerk, Ritka Roux.
Jacobus Maree (Direkteur) het op 21 Augustus aan die Momentum Medical Scheme Attakwas Extreme MTB Challenge deelgeneem. Die bergfietsresies het 121 kilometer behels, met ‘n klim van 2900m. Jacobus het hierdie tawwe resies in ‘n tyd van 7 ure 41 minute voltooi.
Vrydag 3 September was Loslitdag. Die personeel het weereens nie teleurgestel nie. Die tema vanjaar was “Courage & Kindness”. Personeel kon in hulle uitrustings uitbeeld wat hulle braaf genoeg laat voel om enige iets aan te durf, terwyl hulle steeds ‘n vriendelike ingesteldheid handhaaf.
Op 18 September 2021 is FHBC amptelik 21 jaar oud! Ons maatskappy het reeds so baie gegroei. Ons is dankbaar vir elke kliënt wat ‘n getroue pad met ons stap by wie ons die geleentheid gebied word om waarde te kan toevoeg. FHBC is in die gemeenskap vir die gemeenskap. Dankie aan elke werknemer wat saam bou aan die vooruitgang van ons kosbare maatskappy. Mag ons nog baie jare saam feesvier!