Op 6 Mei het ons Pantoffeldag ondersteun. Die bydraes tot die “Reach for a Dream” inisiatief bied elke jaar vir kinders met lewensbedreigende siektes ‘n tikkie hoop. Die personeel het ook ‘n heerlike Wimpy koffietjie geniet.
In Junie sal die personeel Tekkie Tax kaartjies koop om die ondersteuning te wys vir die nasionale fondsinsameling.