Op 1 Junie het Eben van Rhyn as Rekenmeester by FHBC (Wellington) aangesluit. Op 2 Junie het ons vir Monique Smit as Regs- en Administratiewe Beampte by FHBC Legal welkom geheet. Ons is baie opgewonde daaroor dat Legal besig is om uit te brei.
Maandag 6 Junie het die dames van FHBC Payroll Services HintHunt as ‘n spanbou aangedurf.
Op 10 Junie het die personeel aan Tekkie Tax deelgeneem. Die Afdelings het aangetrek en ‘n “Wacky takkie” kompetisie was gehou. Veels geluk aan die FHBC Paarl kantoor wat die meeste stemme verwerf het!
Maandag 13 Junie is Lizé Fouché (Senior Debiteure Beampte) tydens ‘n babatee bederf.
Michelle Swanepoel (Rekeningkundige klerk) se seuntjie is Maandag 13 Junie gebore. ‘n Paar foto’s van haar babatee by die kantoor is ingesluit.
17 Junie was ons kantore vir ‘n langnaweek gesluit. Die personeel was aangemoedig om foto’s te deel van wat hulle op die afdag gedoen het. Ons volgende nuusbrief sal van hierdie foto’s bevat.