17 Junie was ons kantore vir ‘n langnaweek gesluit. Die personeel was aangemoedig om foto’s te deel van wat hulle op die afdag gedoen het.
Amanda Swarts (Belastingbeampte) het saam met bekende akteur, Chris van Niekerk, ‘n koffie by B’Spoke Café in Wellington geniet. Chris se antieke winkel is net langsaan die koffiewinkel geleë.
Jeshua Crous (Praktykbestuurder) en Anél Crous (Menslikehulpbronbestuurder) het ‘n wegbreek Karoo toe geneem. Merweville se Karoo Blessings nougat fabriek was besoek, asook ‘n nuwe Karoo kampterrein wat besig is om vorm te kry.
Verder het personeel die tyd geneem om met familie en vriende op te vang. Andere het ‘n paar “tastings” ingehaal, bordspeletjies gespeel, asook ‘n goeie boek of tydskrif deurgelees. Ons het ongelukkig nie van alle gebeure bewyse in foto’s nie, maar ons weet egter dat die afdag vir almal ‘n welkome ruskans was.
Alicia Engelbrecht van FHBC MAS is vanaf 1 Julie na Projekbestuurder bevorder. Veels geluk Alicia. Op 12 Julie sluit Nathania Theron as Administratiewe Beampte by FHBC MAS se span aan. Ons is opgewonde daaroor dat die span uitbrei.
Dawfré Theron se SAIPA klerkskap is voltooi en vanaf 1 Julie is sy postitel Rekeningkundige en Kliëntediens Konsultant.
Op Madibadag op 18 Julie hou ons ‘n spanbou, wat ook ‘n aktiwiteit van 67 minute insluit waarvan ons die produk van ons handewerk aan ‘n instansie gaan skenk. Ons volgende nuusbrief sal foto’s van ons dag se pret bevat.