Op Madibadag op 18 Julie het ons in spanverband vir 67 minute twee kombersies aan mekaar vasgebind sodat ons warm kombersies aan NorSA Community Care (Wellington) kon skenk. Gebaseer op die grootte van die spanne, moes een of twee komberse gefinaliseer word. Daarna het ons Burgers en skyfies, berei deur Sunfield Homes, geniet.
Op 28 Julie het Dawie Theron (Direkteur) en Elri Theron (Praktykbestuurder by FHBC Paarl) Oupa en Ouma geword. Mag hulle kleindogter eindelose oomblikke van vreugde in hulle familie besorg.
Op 1 Augustus het Alida Deysel as Rekenmeester by ons aangesluit. Einde Augustus word Michelle Tallie (Junior Boekhouer), Chanté Thomas (Rekeningkundige klerk) en Karin Dyason (Salarisse en Lone Administrateur) gegroet. Ons beste wense vergesel hulle vir hulle loopbane vorentoe.
Op 2 Augustus is Lizé Fouché (Senior Debiteure Beampte) se seuntjie gebore. Mag hulle as gesin baie voorspoed en seën ervaar.