Op 18 Julie, Madibadag, was die weer ongelukkig nie na wense om met die beplande buitelug spanbou voort te gaan nie. Die spanbou was dus na Woensdag 19 Julie uitgestel en die weer van die dag was heerlik.
Ons moedig die mense van ons dorp aan om die persele van ons spanbou te besoek. Ons vertrou dat julle ook vriendelik ontvang en gehelp sal word en vir julself sal beleef met watter wonderlike persone, stories en besienswaardighede ons dorp gevul is.
Die bestanddele wat ingesamel was het soppakkies opgemaak wat Donderdag 20 Julie aan Ma’s vir Wellington oorhandig was om aan behoeftige gesinne te skenk.