Vrydag 8 September was Ritka Roux (Rekeningkundige klerk) met ‘n kombuistee verras. Ritka en Dirk trou gedurende Oktober. Ons mooiste wense vergesel hulle vir die laaste tydjie tot hul huweliksdag.
Vrydag 8 September was ons eerste Bok-Vrydag. Die Wêreldbeker se opening was met ‘n braai gevier en die kantore het om 14:00 gesluit. Mag die Springbokke gedurende die Rugby Wêreldbeker ons trots maak!
Op 21 September het ons gedurende die oggend ‘n Xero bekendstellingsessie by Corlie’s Italian Restaurant in Somerset-Wes gehou. Tydens die sessie was die voordele wat Xero rekeningkundige sagteware aan kliënte kan bied ten toon gestel. Die middag was ‘n Xero opleidingsessie aangebied aan kliënte wat reeds op Xero is en meer oor sekere funksies van die sagteware wou leer.
Op 3 Oktober vier ons een jaar by ons kantore te Somerset-Wes.
Oktober is Gesondheidsmaand. Buiten dat ons elke Vrydag steeds ons Groen en Goud dra, gaan ons ook gedurende die maand fokus op gesondheid deurdat ons bietjie aktief gaan verkeer, maar ook ‘n paar leersame sessies gaan bywoon.