Op Donderdag 18 Julie het ons Madibadag se projek as deel van die spanbou gekombineer. Kollegas moes mekaar se pasmaats vind en in spanne van twee, met ‘n bedrag in ‘n koevert, ‘n bederfpakkie saamstel wat aan Huis Andrew Murray Kinder- en Jeugsorgsentrum te Wellington geskenk was. Nadat die inhoud van die pakkies opgeskryf en die bederfies in die geskenksakkies gepak was, het ons na Pappas Grill & Pizzeria gegaan om aan ‘n heerlike burger met skyfies te smul.
Die pakkies was intussen by Huis Andrew Murray Kinder- en Jeugsorgsentrum afgelewer en ons vertrou dat die kinders se gesigte daarmee opgehelder is.
Op 24 Julie het ons die Graad 11 leerders van Hugenote Hoërskool, wat Rekeningkunde as vak neem, besoek om hulle oor die loopbaanopsies met rekeningkunde as basis in te lig. Die opsies om verder te studeer (voltyds of deeltyds) en om met SAIPA of SAIT klerkskap te begin, was o.a. bespreek. Dankie aan die Skoolhoof, Mnr Wikus Naudé, en die rekeningkunde onderwyseres, Me Marietjie Barnard, vir die geleentheid gegun om die leerders te besoek.
Christelle Hugo het onlangs as Junior Boekhouer by ons aangesluit.
Ons het vir Lee-Ann Erasmus (Rekenmeester) gegroet. Ons beste wense vergesel haar vir haar loopbaan vorentoe.
In die Paarl Post se uitgawe van 1 Augustus was Hoër Jongenskool Paarl en Hoërskool Gimnasium Paarl se spanne voorspoed toegewens met die interskole. In die uitgawe van 15 Augustus word Hugenote Hoërskool en Hoërskool Swartland met hulle interskole ook voorspoed toegewens.