As deel van gemeenskapsbetrokkenheid was ons onlangs by die onderstaande inisiatiewe betrokke. Ons noem ook inisiatiewe wat nog voorlê.
- 12 September was wetenskaplike sakrekenaars aan Hugenote Hoërskool geskenk vir die gebruik deur leerders wat relevante vakke neem.
- Saterdag 21 September het FHBC MAS deelgeneem aan Hugenote Kollege se opgraderingsveldtog waartydens kamers in die manskoshuis, Die Ark, opgeknap word.
- Vrydag 4 Oktober is ons deel van Silwerkruin se gholfdag by die gholfbaan te Wellington.
- 18 Oktober neem ons deel aan die gholfdag ten bate van Ma’s vir Wellington by die gholfbaan te Boschenmeer.
Donderdag 26 September was Nasionale Menslikehulpbrondag.
Ons kantore te Somerset-Wes vier op 3 Oktober die 2de bestaansjaar.
Op 16 Oktober is dit Basedag. Ons Direkteure sal met ‘n geskenkie bederf word.
Gedurende Oktober vier ons Gesondheidsmaand.
- Ons het 1 Oktober afgeskop met ‘n stap saam met die inwoners van Silwerkruin.
- 7 Oktober is Pienk Maandag vir borskankerbewusmaking. Ons deel ook inligting oor Project Flamingo.
- Op 10 Oktober word Emosionele Intelligensie opleiding aan almal gebied.
- Die personeel word in die week van 14 Oktober met ‘n gesonde happie bederf.
- Die week van 21 Oktober ontvang personeel meer inligting oor mediese versekering.
- Die laaste week in Oktober gaan ons as personeel die perdeskoen stap.
Meer foto’s sal in ons volgende uitgawe gedeel word.