Die wysigings aan die Wet op Diensbillikheid (EE), wat op 1 Januarie 2025 in werking getree het, het betekenisvolle gevolge vir sowel klein as groot ondernemings. Hierdie veranderinge is daarop gemik om transformasie in die werksplek te versnel en billikheid en inklusiwiteit te bevorder.
Belangrike veranderinge en impak
- AANGEWESE WERKGEWERSTATUS
Voorheen was ‘n "aangewese werkgewer" volgens die EE-wet gedefinieer as:
- Maatskappye met 50 of meer werknemers, of
- Maatskappye met minder as 50 werknemers, maar met ‘n jaarlikse omset wat sekere sektor-drempels oorskry.
Wysiging:
Nou word slegs maatskappye met 50 of meer werknemers as aangewese werkgewers beskou, ongeag hul jaarlikse omset. Klein ondernemings met minder as 50 werknemers is dus nie meer verplig om aan EE-vereistes te voldoen nie, selfs al het hulle ‘n hoë omset.Impak:
- Klein besighede:
- Minder administratiewe laste soos die opstel van Diensbillikheidsplanne en jaarlikse verslagdoening.
- Verlaging van koste en tyd wat verband hou met nakoming.
- Groot besighede:
- Geen verandering vir ondernemings met 50+ werknemers nie; hulle bly aangewese en moet steeds aan alle EE-vereistes voldoen.
- Groter fokus op nakoming, veral in sektore wat vir transformasie geteiken word.
- SEKTORSPESIFIEKE EE-TEIKENS
Die wysigings gee die Minister van Indiensneming en Arbeid die mag om sektorale numeriese teikens vir Diensbillikheid te stel.
Impak:
- Groot Besighede:
- Moet spesifieke demografiese teikens bereik vir bestuur- en werkmagverteenwoordiging binne hul bedryf.
- Versuim om hierdie teikens te bereik, kan lei tot uitsluiting van staatskontrakte, aangesien ‘n Nakomingsertifikaat benodig word om sake met die staat te doen.
- Klein Besighede:
- Besighede wat nie as aangewese werkgewers geklassifiseer is nie, is nie aan hierdie teikens onderworpe nie, tensy hulle vrywillig instem om dit na te kom.
- NAKOMINGSERTIFIKAAT
Om vir staatskontrakte te kwalifiseer, moet alle ondernemings – of hulle aangewese is of nie – ‘n Nakomingsertifikaat verkry. Dit vereis die volgende:- Voldoening aan EE-teikens,
- Geen aktiewe bevindings van onbillike diskriminasie nie,
- Betaling van Vaardigheidsontwikkelingsheffings (indien van toepassing).
Impak:
- Moedig alle ondernemings, insluitend klein ondernemings, aan om billike arbeidspraktyke te handhaaf indien hulle staatskontrakte wil bekom.
- BOETES VIR NIE-NAKOMING
Die wysigings stel strenger boetes in vir nie-nakoming, met boetes wat gebaseer is op omset. Dit geld vir aangewese werkgewers wat nie:
- Sektorale teikens nakom nie,
- Akkurate verslagdoening doen nie,
- Korrektiewe maatreëls tref waar nodig nie.
Impak:
- Groot Besighede:
- Groter finansiële risiko as hulle versuim om aan sektorale teikens of diensbillikheidsplanne te voldoen.
- Klein Besighede:
- Geen direkte boetes nie, tensy hulle aan staatskontrakte wil deelneem, in welke geval nakoming steeds vereis word.
OPSOMMING VAN IMPAK VOLGENS BESIGHEIDSGROOTTE
Aspek |
Klein Besighede (<50 werknemers) |
Groot Besighede (50+ werknemers) |
EE-nakoming |
Nie verplig om te voldoen nie, tensy vrywillig. |
Volledige nakoming vereis, insluitend EE-planne. |
Sektorale Teikens |
Vrygestel, tensy hulle vir staatskontrakte tender. |
Moet teikens bereik om sertifisering te kry. |
Verslagdoening |
Nie nodig om jaarliks verslag te doen nie. |
Jaarlikse verslagdoening aan die Departement van Arbeid. |
Boetes |
Meestal vrygestel, behalwe vir nie-nakoming by tenders. |
Boetes gebaseer op omset vir nie-nakoming. |
SUMMARY OF IMPACTS BY BUSINESS SIZE
Aspect |
Small Businesses (<50 employees) |
Large Businesses (50+ employees) |
EE Compliance |
No mandatory compliance unless voluntarily opting in. |
Full compliance required, including EE Plans. |
Sector Targets |
Exempt unless tendering for government contracts. |
Must meet targets to obtain Certification. |
Reporting |
Not required to submit reports annually. |
Annual reporting to the Department of Labour. |
Penalties |
Generally, exempt unless non-compliant with tenders. |
Subject to fines based on turnover for non-compliance. |
GELEENTHEDE EN UITDAGINGS
- Geleenthede:
- Klein besighede kan nou meer op groei fokus sonder die administratiewe las van EE-nakoming.
- Aangewese werkgewers wat aan teikens voldoen, kry toegang tot winsgewende staatskontrakte.
- Uitdagings:
- Groter maatskappye mag sukkel om sektorale teikens te haal, veral in sektore met beperkte vaardige kandidate uit onderverteenwoordigde groepe.
- Alle maatskappye wat staatskontrakte wil bekom, moet aan strenger nakomingsvereistes voldoen.
Die wysigings is ontwerp om transformasie te versnel, veral onder groter organisasies, terwyl kleiner ondernemings verligting ontvang.
As u besigheid steeds ‘n aangewese werkgewer is, neem kennis dat die Departement uitnodigings uitstuur vir konsultasiesessie oor die numeriese teikens in die spesifieke industrieë / sektore. Dit sal raadsaam wees om hierdie sessies by te woon om van die voorgestelde teikens kennis te neem.
As u enige navrae het, kontak gerus vir Rynard Viljoen by rynard@fhbc.co.za of vir Anél Crous by anelv@fhbc.co.za