Maandag 17 Maart het Alzay van Wyk (Belastingklerk) en Annelize van Niekerk (Boekhouer) as spanlede by ons aangesluit. Op 31 Maart het ons vir Nadia Heyns (Boekhouer) as spanlid gegroet. Ons beste wense vergesel vir Nadia.
Die begrotingsrede het wel Woensdag 12 Maart plaasgevind. Ons nuwe 2025-2026 belastinggids is beskikbaar om af te laai en te stoor.
Woensdag 12 Maart was ons eerste verjaarsdagfeesviering vir die jaar. Die persone wat Januarie tot Maart verjaar het was verantwoordelik vir die reëlings. Die tema was Karnaval en die versierings, musiek, kos en drinkgoed het hierdie tema pragtig uitgebeeld. Dankie aan elkeen wat deel was van die reëlings.



Gedurende April sien ons uit na ‘n Paasfeesbederfie. Ons kantore sal ook tydens die drie publieke vakansiedae in April gesluit wees.