Op 3 April het ons die personeel wat vanaf Janurie tot Maart verjaar het, se verjaarsdae gevier. Die verjaarsdaggroep het hul eie tema gekies en die binnehof was daarvolgens opgemaak. Al die personeellede was met heerlike eetgoed bederf.
“Battle of the professions 2024” rolbaltoernooi het 18 April in die Paarl plaasgevind. FHBC Spreadsheet Spartans en FHBC Cashbook Crusaders het weggestap met die pryse vir die beste spanname. Verder het elkeen die samesyn baie geniet. Welgedaan aan Optimum Financial Services Group vir die puik reëlings om die aand vir elkeen ’n groot sukses te maak.
Vrydag 19 April was ons deel van die DBV van Wellington se gholfdag. Au Bain Perfect Place het die heerlike eetgoed vir ons stalletjie geborg en die spelers het behoorlik gesmul. Ons is dankbaar dat ons van so ’n spesiale dag deel kon wees.
29 April het ons vir Jo-Ané Tredoux welkom geheet. Sy is as Junior Boekhouer by FHBC Consultants Namibië (Pty) Ltd werksaam. Ons is opgewonde oor die uitbreiding van die Namibië span.
Op Woensdag 1 Mei het ’n paar kollegas aan die Rhodes Quality halfmaraton te Wellington deelgeneem. Daar was ook geleentheid om 5 km of 10 km te stap of te draf, asook opsies vir die trail runners.
Woensdag 8 Mei is ons spanbou by Wellington se Rolbalklub. Ons volgende nuusbrief sal foto’s hiervan bevat.
15 Mei heet ons vir Janien Lamprecht welkom as Junior Verifikasie-Analis by FHBC MAS (Pty) Ltd se span.
Gedurende Mei maand groet ons ongelukkig vir Lizelle Castle (Boekhouer) en vir Angelo Borchards (Junior Rekenmeester). Ons beste wense vergesel beide van hulle.
Woensdag 29 Mei is as publieke vakansiedag verklaar vir die algemene en provinsiale verkiesings en ons personeellede sal ook kruisies gaan trek.