Ons Gesondheidsmaand het goed verloop. Buiten vir die stap saam met Silwerkruin, het die volgende ook plaasgevind:
- 7 Oktober het die kollegas pienk aangetrek as deel van Pienk Maandag vir borskankerbewusmaking. Inligting oor Project Flamingo was ook gedeel.
- Op 10 Oktober het ons opleidingsessies oor Emosionele Intelligensie bygewoon. Tanya Pretorius van Procare Emotional Wellness, te Kerkstraat 91, Wellington, het die sessies aangebied. Dankie vir die insiggewende inligting gedeel, asook vir die waardevolle gesprekke wat ons kon voer.
- Die personeel was 15 Oktober met ‘n gesonde neute happie bederf.
- Momentum Health4Me het ons op 23 Oktober besoek vir ‘n gespreksessie oor mediese versekering.
- Dinsdag 29 Oktober het die personeel en van hulle familielede die perdeskoen gestap.
Op 11 Oktober was Koela Petersen (Algemene Assistent) met ‘n kombuistee verras. Koela en Aubrey Snyers het Donderdag 17 Oktober getrou. Ons beste wense vergesel hulle in hulle huwelik.
Op 16 Oktober was dit Basedag. Ons Direkteure was op die dag bederf. Ons is dankbaar om sulke goeie mentors as ons Direkteure te hê.
Op 1 November het ons vir Mari Theron (Rekenmeester) en Fezlin van Sitters (Boekhouer) as nuwe spanlede welkom geheet. Ons is baie opgewonde daaroor om te noem dat ons vanaf 1 November 100 kollegas in die Groep van maatskappye is.
Gedurende November ondersteun ons die Springbokke, asook ‘n skoenboksprojek van Huis Andrew Murray Kinderhuis. Verder vier ons ook Internasionale Rekenmeestersdag.