Vrydag 17 Januarie 2025 was ons afskopbraai. Die nuwelinge wie vir die reëlings verantwoordelik was, was soos “Cowboys” aangetrek. Dankie aan elkeen wat gereël het en aan elke kollega wat die samesyn bygewoon het.

Ons is tans besig om deel te neem aan Wellington se krieketbesigheidsliga.

Twaalf kollegas is tans ingeskryf om vir agt maande Resultate deur Mense opleiding by te woon. Joubert en Genote bied hierdie opleiding aan. Die sessies word by die Breytenbach Sentrum te Wellington gefasiliteer.

Ons is baie trots op twee van ons Rekenmeesters, Ritka Kotzé en Kyle Cupido, wat 24 Januarie gehoor het dat hulle die SAIPA professionele eksamen geslaag het en voortaan geregistreerde SAIPA lidmaatskap kan opneem.
Maandag 3 Februarie het Gillian Kline (Rekeningkundige klerk) en Tegan Fredericks (Rekenmeester) as spanlede by ons aangesluit.
Woensdag 5 Februarie was ons eerste Bestuursvergadering by Die Skitter te Malanstraat, Wellington.

Woensdag 5 en Woensdag 12 Februarie is ‘n paar spanne ingeskryf om deel te neem aan die jaarlikse rolbalbesigheidsliga toernooi. Soos elke jaar, geniet ons die toernooi by die pragtige bane van Wellington se rolbalklub.

Vrydag 14 Februarie is Valentynsdag. Die personeel sal oudergewoonte in rooi, pienk en wit geklee wees en met ietsie bederf word.