Op 29 September het die personeel Bejaardes bewusmaking ondersteun deur saam met die inwoners van Silwerkruin Wellington se strate in te vaar.
Tydens Oktober het personeel kankerbewusmaking ondersteun.
Op Saterdag 7 Oktober het Jacobus Maree (Direkteur), Hendrik Rabie (Direkteur), Elri Theron (Debiteure en Admininstratiewe beampte) en Lizette Vorster (Boedels Assistent) as deel van twee spanne deelgeneem teen die Stoomtrein wat vanaf Wellington na Ceres gery het. Van die kollegas moes fiets trap en ander het gedraf. Die twee spanne het onderskeidelik 15de en 16de plekke uit 66 spanne behaal. Veels geluk!
16 Oktober is die kantore van ons ses Direkteure vir Basedag viering deur hulle onderskeie spanne versier. Op 19 Oktober is die Base behoorlik bederf met ‘n safari-uitstappie by Spice Route, net buite die Paarl. Hulle het elk ‘n heerlike middagete geniet, ‘n sjokolade “tasting” beleef, ietsie warms genuttig en hulle kon toe ook met geskenkbewyse vir hulself met verskeie aankope bederf. Dankie Base dat ons na julle kan opkyk en dat dit ‘n voorreg is om saam met julle te kan werk. Ons waardeer julle.
Elzan Rust (Assistent Rekeningkundige Bestuurder) het op 23 Oktober 2017 ‘n babaseuntjie ryker geword. Ons beste wense vergesel Gerbrandt en Elzan met die grootmaak van klein Douw.
Op 20 Oktober het ons ‘n kantoor “Clean up” gehad. Ons het reggepak, weggegooi en terugbesorg waar nodig.
Op 27 Oktober was Janine Bam (Rekenmeester) met ‘n Ooievaarstee verras. Janine en haar man verwag vir klein Liam in Desember.
10 November woon die personeel die Jaareindfunksie by Rusticana by. Hierdie jaar se tema is ‘n Maskerbal. Ons sal in ons volgende nuusbrief met foto’s van hierdie glansgeleentheid spog.