Verjaarsdaggroep 1 se partytjie was 2 Maart gehou. Ons was met ‘n heerlike ete bederf en het die samesyn baie geniet.
Op 7 Maart het ons ‘n Gesondheidsdag gehad! ‘n Fisioterapeut en ‘n Dieetkundige het ons kantore besoek. Die Fisio het ‘n paar praktiese riglyne gegee oor hoe ons ons werkstasies kan aanpas, hoe ons by ons lessenare moet sit, ons het selfs oefeninge ontvang om te verseker dat ons ‘n gesonde postuur handhaaf. Die Dieetkundige het uit haar eie ervaring met ons ‘n paar baie insiggewende wenke oor gesonde eetgewoontes gedeel. Ons het ook ‘n heerlike slaai as middagete saam geniet.
Op 9 Maart was die Sportdag waar daar van ons kantoor se personeel teen die ander BGR kantore se personeel deelgeneem het. Die ysbreker het almal in ‘n ligte luim gehad waarna die groepsaktiwiteite begin het. Ons kantoor het met die louere weggestap vir die fisiese spanaktiwiteite, maar ons het ongelukkig met die tweede rondte van die Algemene Kennis Olimpiade uitgeval. Baie dankie aan die Feeskomitee van BGR De Jager Boshoff wat vir die reëlings verantwoordelik was, die dag was ‘n groot sukses.
Ons vertrou dat almal ‘n geseënde Paasseisoen beleef het.