Die vergoedende reistoelaag word bereken deur die werklike afstand vir besigheidsdoeleindes gereis te vermenigvuldig met die voorgeskrewe tarief per kilometer, vasgestel deur die Minister van Finansies (wat vrygestel kan wees van inkomstebelasting) of ‘n tarief soos deur die werkgewer vasgestel.
Die toepassing van die vergoedende reistoelaag het vanaf 1/3/2018 verander.
Die beste plek om te begin is natuurlik met hoe die vergoedende reistoelaag gewerk het voor 1/3/2018.
- ‘n Toelaag of vooruitbetaling wat gebaseer is op die werklike kilometers gereis vir besigheidsdoeleindes (vergoedende toelaag) is nie belasbaar nie, maar die volle bedrag moes op die IRP5 aangedui word onder kode 3703 of 3702.
- Die tabel hieronder was gebruik om te bepaal langs watter kode op die IRP5 die vergoedende toelaag aangedui moes word:
Geval | Moet LBS bereken word | IRP5 kode |
‘n Vaste reistoelaag betaal | Ja | 3701 |
Petrol/diesel en enige ander uitgawes betaal deur werkgewer | Ja | 3701 |
Vergoedende toelaag NIE meer as die voorgeskrewe tarief per km en reis NIE meer as 12 000km. GEEN ANDER reistoelaag ontvang nie. | Nee | 3703 |
Vergoedende toelaag MEER as die voorgeskrewe tarief per km. Werkgewer het nie LBS afgetrek nie, maar op persoonlike aanslag is die werknemer belas op volle bedrag. | Nee | 3702 |
Vergoedende toelaag vanaf 1 Maart 2018:
- Daar is nou n addisionele IRP5 kode = 3722
- Kortliks:
- Kode = 3703 – Vergoedende toelaag NIE meer as die voorgeskrewe tarief per km en GEEN ANDER reistoelaag ontvang nie.
Verandering = die beperking tot ‘n sekere hoeveelheid kilometers (bv. 12 000km vir 2018 belastingjaar) is nie meer van toepassing nie. - Kode = 3702 – Vergoedende toelaag teen meer as die voorgeskrewe tarief per km. Werkgewer trek nie LBS af nie, maar op persoonlike aanslag is die werknemer belas op volle bedrag as ‘n gewone reistoelaag.
Geen verskil - Kode = 3722 – Nuwe kode.
SARS vat nooit ‘n beperking weg sonder om iewers net ‘n ander plan te maak om die moontlike verlies iewers weer op te maak nie.
Kode 3722 is vir die bedrag wat die werkgewer meer betaal as die voorgeskrewe tarief vir die vergoedende toelaag.Beste manier om die nuwe kode 3722 te verduidelik is met 2 voorbeelde:
Voorbeeld 1:
Geen reistoelaag.
Voorgeskrewe tarief = R3.61 maar die werkgewer betaal R4.61 en die werknemer het 1000km gereis vir besigheid.
Dus:
Kode 3702 = R3 610 (R3.61 x 1000km) – Geen LBS
Kode 3722 = R1 000 [(R4.61 – R3.61) x 1000km)] – LBS moet bereken word op hierdie bedrag deur werkgewer.Voorbeeld 2:
Reistoelaag = R5 000.00
Voorgeskrewe tarief = R3.61 maar die werkgewer betaal R4.61 en die werknemer het 1000km gereis vir besigheid
Dus:
Kode 3701 = R5 000.00 – LBS moet bereken word op hierdie bedrag deur werkgewer.
Kode 3702 = R3 610 (R3.61 x 1000km) – Geen LBS
Kode 3722 = R1 000 [(R4.61 – R3.61) x 1000km)] – LBS moet bereken word op hierdie bedrag deur werkgewer.Op die individu se persoonlike belastingvorm gaan SARS kode 3701 + 3702 + 3722 bymekaar getel word en ten volle belas word.
Uitgawes kan geeïs word soos vorige jare.
- Kode = 3703 – Vergoedende toelaag NIE meer as die voorgeskrewe tarief per km en GEEN ANDER reistoelaag ontvang nie.
Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Adri Britz by abritz@fhbc.co.za
Source Reference
http://www.sars.gov.za/AllDocs/OpsDocs/Guides/PAYE-GEN-01-G03%20-%20Guide%20for%20Employers%20in%20respect%20of%20Allowances%20-%20External%20Guide.pdf