Wanneer ‘n Werknemer met kraamverlof gaan word ‘n UIF eis gewoonlik by die Departement van Arbeid ingedien.
Hoe word die UIF % bereken:
Die UIF betaal 38% – 58% van die bruto salaris, tot ‘n maksimum salaris van R14 872.00. As die Werknemer meer as R14 872.00 verdien, sal die UIF die kraamvoordeel op laasgenoemde salaris bereken en sal dan heel waarskynlik 38% van die UIF ontvang. Die UIF neem ‘n Werknemer se gemiddelde maandelikse salaris in ag. ‘n Werknemer kan eis solank sy binne die afgelope 6 maande aan die fonds bygedra het. Die Department sal die afgelope 4 jaar van indiensneming en bydraes in ag neem. Die Werknemer is geregtig op 1 maand UIF vir elke 6 maande van bydraes tot die fonds.
Elke Werknemer se % wat geeïs kan word, word spesifiek vir hul uitgewerk, solank daar aan die bogenoemde reëls voldoen word. Vooraf weet mens dus nie watter % van die Werknemer se salaris goedgekeur word nie.
Die Werkgewer kan ook bydra, solank die Werkgewer nie 100% van die salaris betaal nie. Die Werknemer kan nie ook UIF eis as sy klaar 100% van haar salaris kry nie, want sy mag nie meer as 100% van haar salaris verdien, as sy dan wil eis ook nie. Bv. As die werkgewer vir ‘n Werknemer 75% van haar salaris per maand betaal, kan sy vir 25% van haar salaris van UIF eis, maar nie meer nie, want sy mag nie meer as 100% (die % wat die Werkgewer gee + die % wat sy eis) kry nie.
Die Werknemer doen aansoek deur UI-vorms in te vul (onder andere die UI-19 en UI-2.7 wat deur die Werkgewer onderteken moet word) en dit vir die Departement van Arbeid te neem. Na goedkeuring stel hul die Werknemer in kennis oor watter % ontvang sal word.
Indien daar enige navrae is, kontak gerus vir Carike Hanekom by carike@fhbc.co.za
Source Reference
http://www.labour.gov.za/DOL/media-desk/media-statements/2012/media-statement-uif-benefit-increase (besoek op 5 Junie 2018)