Op Vrydag 18 Januarie 2019 was ons kantoor vir ons jaarlikse Maatskappydag gesluit. Tydens die dag het ons staaltjies uit die verlede gedeel. Wat ‘n voorreg om deel te wees van ‘n maatskappy met so ‘n ryke geskiedenis. Verder was die Visie, Missie en Strategie vir die jaar ook bespreek. Nou is almal op dieselfde bladsy van kwaliteit dienslewering, reg om ons strategiese planne uit te voer. Personeelfoto’s was ook geneem en ons webtuiste sal binnekort daarmee opgedateer word. Die dag se verrigtinge was met ‘n heerlike braai afgesluit, waartydens die nuwelinge die voortou geneem het.
Twee van ons Direkteure, Jacobus Maree en Hendrik Rabie, het op Saterdag 19 Januarie 2019 aan die Attakwas Extreme resies deelgeneem. 121km, met 2900m se klim. Ons is baie trots op albei wat met baie goeie tye die wenstreep oorgesteek het.
Krediet aan die amptelike fotograaf Daniel Coetzee van ZCMC
Die Besigheidsliga van die krieket is weer aan die gang. Ons vertrou dat die liga ‘n suksesvolle een sal wees.
Op 6 en 13 Februarie is ons twee spanne wat deelneem aan die jaarlikse Besigheidsliga van die Rolbalklub. Die wedstryde begin 18h00 en ondersteuners is welkom.
Valentynsdag is 14 Februarie en oudergewoonte sal ons kantore in rooi getooi word. Ons nuwe Sosiale komiteelede sal hiervoor verantwoordelikheid aanvaar.