Saterdag 2 November 2019 het Maryke Stofberg (ouditklerk van Broodryk Kotzé Ing) en Malherbe van Wyk in die huwelik getree. Ons deel graag van hulle foto’s.
Petri Westraadt (Spesialis: Belastingdienste) is Saterdag 16 November met Elandi Burger getroud. Die manne van die kantoor het op Vrydag 1 November saam met Petri feesgevier.
Maandag 4 November was Lizé Fouché (Debiteure en Administratiewe beampte) en Anél Crous (MHB Bestuurder) met ‘n babatee verras. Lizé verwag ‘n seuntjie en Anél verwag ‘n dogtertjie.
Maandag 4 November het die Salarisse en Lone afdeling Franschhoek vir ‘n spanuitstappie besoek.
Saterdag 9 November het Yolandé Maree (Bestuurder) en Elri Theron (Debiteure en Administratiewe Beampte) FHBC by die Winelands Half-marathon in Stellenbosch verteenwoordig.
Ons het weereens ‘n krieketspan vir die Besigheidsliga ingeskryf. Die manne speel hulle harte uit en die ondersteuners is teenwoordig om hulle te motiveer.
Veels geluk aan Reynier van Rooyen (ouditklerk van Broodryk Kotzé Ing) met sy verlowing. Die personeel van Broodryk Kotzé Ing en FHBC wens vir hom en Danielle net die mooiste toe vir die voorbereiding tot hulle groot dag.
Jacobus Maree (Direkteur) het Saterdag 23 November saam met “The Green Team” span deelgeneem aan die Coronation Double Century (202km) padfietsresies wat in Swellendam gehou was. Jacobus is ingeskryf vir die ABSA Cape Epic fietsresies wat oor 8 dae strek en op 15 Maart 2020 begin.
Die Jaareindfunksie was Vrydag 29 November 2019. Dit was ‘n Red carpet event en die personeel het in hulle formele drag gepronk. Ons sal saam met ons Januarie nuusbrief van die foto’s deel.
Vrydag 13 Desember is Verjaarsdaggroep 4 se partytjie. Dit word ook met ‘n Kersfeespartytjie gekombineer.