Lizé Fouché (Debiteure en Administratiewe beampte) en haar man Luan se eersteling, Ludwig, is 5 Desember 2019 gebore. Ons beste wense vergesel hulle vir die nuwe fase in hulle as gesin se lewens.
Ons krieketspan het 2019 op ‘n hoogtepunt geeïndig toe hulle op 4 Desember as wenners die veld verlaat het. Al die spelers het uitgeblink. Ons maak egter spesiale melding van Christiaan Adlem (Belastingadministrateur) wat 57 N/O behaal het. Dit gebeur nie baie dat ‘n speler ‘n 50-tal in die kort formaat behaal nie. Gavin Fraser (Rekeningkundige klerk) het twee paaltjies vir net 19 lopies in sy twee boulbeurte geneem. Die liga is nou halfpad en ons wens die manne alle sukses toe vir die res van die seisoen gedurende 2020.
Die Jaareindfunksie was Vrydag 29 November 2019 by Kronenburg. Dit was ‘n Red carpet event en die personeel het in hulle formele drag gepronk. Die personeel kon ook stem vir die “Best dressed”. Koela Petersen (Algemene Assistent) en Riaan Broodryk (Direkteur) is met die titels bekroon. Baie dankie aan die Sosiale komitee van 2019 wat so ‘n spoggeleentheid gereël het.
Vrydag 13 Desember was Verjaarsdaggroep 4 se partytjie. Lang tafels was gedek, alles met ‘n Kersfeestema
Ons sien uit na die afskopfunksie van Vrydag 17 Januarie 2020 waar ons nuwelinge ingespan word om die leiding vir die reëlings te neem.