Ons vertrou dat ‘n paar kliënte die heerlike sopresepte uitgetoets het. Die titels van die sopresepte was in ‘n hoed gegooi en drie opsies was gekies. Butternut met skop (Boedels); Portugese Hoender (Paarlkantoor); en Spek en Aspersie: (Sekretarieël en ondersteuningspan). Die personeel het gestem en die Portugese Hoendersop van die Paarlkantoor is as wenner aangewys. Ons het ‘n paar sopmakers ingespan en Vrydag 14 Augustus het ons heerlik aan die hoendersop en portugese broodrolletjies gesmul. Vir kollegas wat van die huis af werk, was daar ‘n “drive by” opsie. Dankie aan die Paarlkantoor vir die wenresep en aan die sopmakers. Ons het lekker gesmul.
Matthew de Beer het as ‘n Rekenmeester by ons kantoor aangesluit. Matthew, ons sien uit na jou bydrae as deel van ons span.
Aanvanklik sou Loslitdag Vrydag 4 September gewees het. Loslitdag is nou uitgestel na Donderdag 3 Desember. Ons sal egter steeds op 1 September die lente verwelkom.