Op 2 Oktober het ons ‘n Spanbou by Open Door Fashion Cafe te Malanstraat, Wellington, gehad. Die eerste oefening was “Look who’s coming for coffee”. Elke persoon moes ‘n kollega met ‘n soortgelyke prentjie op ‘n ander kleur bladjie vind. Daardie twee kollegas kon dan in die koffiery gaan staan en mekaar leer ken. Daar was ook heerlike muffins waaraan ons kon smul. Die volgende oefening was “Refleksie oor lockdown” waartydens ons met die “step to the line” oefening kon besef dat almal maar tot ‘n mate deur ‘n uitdagende tyd gedurende lockdown is. Dit help om bietjie begrip en insig tot mekaar se omstandighede te kry. Ons is gemotiveerd en opgewonde vir die res van die jaar, terwyl ons baie dankbaar is dat ons geleentheid het om ons kliënte tot diens te wees.
Elzan Rust (Rekeningkundige Bestuurder) en Neusa Costa (Ontvangs en Administratiewe Assistent by die Paarl kantoor) het op 30 Oktober diens verlaat. Ons beste wense vergesel hulle.
Die Jaareindfunksie is 27 November en ‘n lekker vooruitsig. Dankie aan die sosiale komitee vir die reëlings daarvan.