Ons nuwelinge is al goed op dreef. Alhoewel ons nie soos oudergewoonte ‘n nuwelingebraai kan hou nie, gaan die personeel steeds bederf word met ‘n heerlike verrassing, ideaal vir die warm Wellington weer. Ons volgende nuusbrief sal fotos hiervan bevat.
In Februarie vier ons weer die liefde op Valentynsdag. Ons kantore sal opgemaak wees en personeel sal in rooi gekleë wees.
Einde Februarie sal ons die Belastingjaar afsluit. Ons sal die Covid regulasies dophou om te bepaal watter feesvieringe toelaatbaar is sodat ons volgens wetgewing kan optree.
Intussen is ons Covid-voorkomingskomitee deurentyd paraat om seker te maak dat ons mekaar se veiligheid in ag neem. Die goeie leiding vanaf die komitee stel elke werknemer en kliënt in staat om binne die reëls verantwoordelike interaksie te hê. Baie dankie aan die komiteelede vir die insette en leiding. Baie dankie ook aan die ondersteuningspan wat deurlopend ons kantore skoonhou.