Veels geluk aan Jacobus Maree (Direkteur) wat op 10 Oktober die Eselfontein MTB in Ceres in 7:35:12 voltooi het. Jacobus het uit 104 deelnemers ‘n algehele derde plek behaal. Joanne Els het die 22km Cape Town Marathon Trail op Saterdag 16 Oktober in ‘n tyd van 3:38:15 voltooi. Veels geluk Joanne.
18 Oktober het ons Basedag gevier. Elke Direkteur het ‘n geskenkpakkie vanaf hulle spanne ontvang. Baie dankie vir die voorbeelde wat julle vir ons stel en vir die geleentheid om by julle te leer.