Ons het 28 Februarie vir Reynier van Rooyen (Rekenmeester) gegroet.
Op 1 Maart het ons vir Angelo Borchards as Junior Rekenmeester by ons Somerset-Wes kantoor welkom geheet.
Op 8 Maart 2023 het ons by Le Bac Estate Maatskappydag gehou. Tydens die dag het ons oor die geskiedenis en uitbreiding van ons maatskappy en ons dienste gesels. Elke entiteit en afdeling het ‘n geleentheid gehad om ‘n paar vrae te beantwoord. Te danke aan Waffle and Co Paarl het ons deurentyd heerlik geëet en aan koffies gesmul. Tydens die spanboue kon ons mekaar as kollegas beter leer ken en heerlik saam lag. Elke kollega het ‘n “insulated mug” met ons logo op ontvang. Die kaartjie wat dit vergesel het se bewoording was as volg: Jy hoef nie meer jou BEURT af te wag om die ketel te kan kook nie, maak gerus vooraf vir jou ‘n lekker koppie koffie. Moet nie dat Loadshedding jou KRAG steel nie…
Op Maandag 20 Maart gun ons die personeel ‘n afdag sodat hulle behoorlik tydens ‘n langnaweek kan uitrus.