Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het nuwe vereistes aangekondig t.o.v. artikel 18A sertifikate. Die nuwe vereistes is van krag vanaf 1 Maart 2023. Indien daar nie aan die nuwe (sowel as die bestaande) vereistes voldoen word nie, kan die SAID ‘n skenking as ‘n aftrekking verbied.
Bestaande (ou) vereistes:
Voorheen moes artikel 18A sertifikate net die volgende inligting bevat, vir die skenker om in aanmerking te kom vir ‘n belasting aftrekking:
- Die artikel 18A verwysingsnommer uitgereik deur SARS van die openbare weldaadsorganisasie of ander kwalifiserende regsentiteit;
- Die datum wat die donasie ontvang is;
- Die naam van die openbare weldaadsorganisasie of ander kwalifiserende regsentiteit, wat die skenking ontvang het, tesame met ‘n adres waarheen navrae in verband daarmee gerig kan word;
- Die naam en adres van die skenker;
- Die bedrag van die donasie of die aard van die donasie (indien nie in kontant gemaak);
- Sertifisering dat die kwitansie uitgereik is vir die doeleindes van artikel 18A van die Inkomstebelastingwet en dat die skenking uitsluitlik is vir die doel van die openbare weldaadsorganisasie of ander kwalifiserende regsentiteit, in die uitvoering van die betrokke openbare weldaadsaktiwiteit.
Bykomende (nuwe) vereistes:
Vanaf 1 Maart 2023 moet die onderstaande inligting ook op alle artikel 18A skenkings sertifikate verskyn, vir die skenking om te kwalifiseer vir ‘n belastingaftrekking:
- Natuur van persoon wat skenk (natuurlike persoon, maatskappy, trust, ens.);
- Skenker identifikasie-tipe en land van uitreiking (in die geval van ’n natuurlike persoon);
- Identifikasie of registrasienommer van die skenker;
- Inkomstebelastingverwysingsnommer van die skenker (indien beskikbaar);
- Kontaknommer van die skenker;
- Elektroniese posadres van die skenker;
- ’n Unieke kwitansienommer; en
- Handelsnaam van die skenker (indien verskil van die geregistreerde naam).
Daar kan met sekerheid gesê word dat die SAID genoemde sertifikate voorts nog meer noukeurig gaan oudit en waar inligting ontbreek, die skenkings as ‘n aftrekking sal verbied vir inkomstebelastingdoeleindes.
Indien daar enige navrae rondom genoemde wysigings is, kontak gerus vir Petri Westraadt by pwestraadt@fhbc.co.za