Op 29 Maart het Jade Janse van Vuuren as Junior Debiteure Beampte by ons aangesluit.
Op 30 Maart het ‘n paar kollegas Hugenote Hoërskool te Wellington besoek om meer besonderhede oor SAIPA, SAIT en SAICA klerkskappe te bespreek. Ons vertrou dat die inligting insiggewend was en die leerders kon bemagtig om te besef watter studierigtings kan vir watter klerkskappe benut word, asook wat die werk van elke rigting prakties behels.
31 Maart was Elsabé le Roux (Sekretariële en Administratiewe Bestuurder) en Jeshua Crous (Praktykbestuurder) se laaste dag van diens, terwyl Francois Heunis (Rekenmeester) se laaste dag van diens 4 April was. Ons beste wense vergesel vir Elsabé, Jeshua en Francois vir die toekoms.
Op 6 April was die samevatting en afsluiting van die Resultate deur Mense bestuursopleiding. Die kursus het agt maande geduur en Joubert en Genote het die kursus gefasiliteer. Die persone wat dit bygewoon het was die geleentheid gebied om hulself te verryk deur om die beginsels van effektiewe bestuur aan te leer. Die laaste sessie was by Perdeberg Kelder. Na afloop van die sessie het ons heerlik saam geëet.
Op 6 April het elke kollega ‘n Paasfees bederfpakkie ontvang. Ons is dankbaar dat al ons kollegas veilig gereis het en die Paastyd kon geniet