Gedurende Oktober was Gesondheidsmaand:
- Vrydag 6 Oktober was ons aktief, want ons het saam met die inwoners van Silwerkruin deur Wellington se strate gaan stap.
- Maandag 9 Oktober het personeel pienk aangehad, as deel van borskankerbewusmaking.
- Die week van 9 tot 13 Oktober het Sr Badenhorst van Essential Health Apteek – Bergrivier ons elke dag besoek om bloedsuiker, bloeddruk en cholesterol toetse van die personeel te neem. Dit is belangrik om gereeld sekere gesondheidsondersoeke te prioritiseer.
- Op Maandag 16 Oktober het ons personeel bewus gemaak van Projek Flamingo wat in 2010 deur Dr Liana Roodt gestig is om staatspasiënte met borskanker gouer te kan help om die nodige behandeling te verkry. Personeel kon items vir kospakkies of vir die “pamper packs” skenk of ‘n finansiële bydrae maak. Ons kon 25 kospakkies, 25 “pamper packs” en nog ‘n addisionele finansiële bydrae maak. Dankie aan elke kollega wat ‘n bydrae gemaak het. Ons kon Donderdag 2 November ons pakkies en finansiële bydrae oorhandig.
- Vrydag 27 Oktober was Vrugte-Vrydag! Personeel is met drie vrugte bederf en die waarde van elk was in ‘n nota omskryf.
Vanaf 13 Oktober is Adri Williams (Rekenmeester) met kraamverlof. Ons beste wense vergesel hulle tot die dag van hul dogtertjie se geboorte.
Basedag was amptelik Maandag 16 Oktober. Ons Direkteure was by Imbuko Wines bederf waar hulle ‘n “wine and pie pairing” tesame met ‘n paar platters kon geniet. Elke Direkteur het ook ‘n geskenkpakkie ontvang met ‘n persoonlike kaartjie van hul spanne af. Ons is baie dankbaar vir elke Direkteur en hul bydrae om vir ons ‘n effektiewe werksomgewing te skep. Hulle leiding en mentorskap word opreg waardeer.
Vrydag 27 Oktober was ons natuurlik in groen en goud geklee, ter ondersteuning van die Springbokke in die Rugby Wêreldbeker Finaal op Saterdag 28 Oktober. Saterdag 28 Oktober het Ritka (Rekeningkundige klerk) met Dirk Kotzé getrou. ‘n Pragtige bruilofsfees, waar die Springbokke se wedstryd ook gewys was. Die Springbokke se wen het verseker bygedra tot ‘n aand van groot feesvieringe!
Op 31 Oktober het ons van Gillian Oosthuizen (Boekhouer) afskeid geneem. Wense van voorspoed vergesel vir Gillian.
Op 1 November het ons vir Jaydn Ohlson (Rekeningkundige klerk) en Nadia Heyns (Boekhouer) as nuwelinge te FHBC (Wellington) welkom geheet. Tyron Kidson het op 1 November as Junior Rekenmeester vanaf FHBC (Paarl) na FHBC (Wellington) geskuif. Jaydene Williams (Rekeningkundige klerk) is ‘n nuwe spanlid by FHBC (Paarl) vanaf 1 November.
Vrydag 3 November was Elizma Swart (Junior Rekenmeester) met ‘n kombuistee verras. Ons mooiste wense vergesel hulle vir die laaste reëlings tot hul spesiale huweliksdag gedurende November.
Ons Jaareindfunksie is Vrydag 24 November. Ons sien uit na hierdie aand saam.