Twee van ons Direkteure was die sprekers by ‘n SAICA Discussion Group. FHBC is deur SAIT geakkrediteer om Tax Technicians op te lei. Een van ons Direkteure is as Tentmaker Diensleraar bevestig. Ons het vier nuwelinge welkom geheet, ons het die koms van die lente gevier, aan Loslitdag deelgeneem, en die Sekretaresses bederf. Verder het die Fidusiêre span, as deel van Testamenteweek, aan ons personeel die geleentheid gebied om hul testamente gratis op te stel. ‘n Ander Direkteur het aan die Cape Pioneer Trek mountain bike race deelgeneem. Gedurende die laaste week in September neem ons deel aan die Week vir Bejaardes.
