SARS has introduced a new e@syFile system built on a new platform, and the old e@syFile system will no longer be in use after February 2025.

SARS has introduced a new e@syFile system built on a new platform, and the old e@syFile system will no longer be in use after February 2025.
Wanneer erfgename in ‘n bestorwe boedel besluit om die eiendom uit die bestorwe boedel te verkoop, of waar daar nie genoeg kontant is om al die skuld en administrasiekostes in die bestorwe boedel te betaal nie, kan die aangestelde eksekuteur op instruksie van die erfgename die onroerende eiendom in die mark sit. Die Meester van die Hooggeregshof moet wel die verkoop van die eiendom goedkeur.
Vrydag 17 Januarie het ons ‘n “Cowboy”-tema afskopbraai gehad. Kollegas neem tans deel aan die krieketbesigheidsliga, asook aan die Rolbalbesigheidsliga. Ons het nuwe kollegas welkom geheet. ‘n Paar kollegas ondergaan tans opleiding. Ons eerste bestuursvergadering was gehou. Verder wink Valentynsdag vir ons.
Die wysigings aan die Wet op Diensbillikheid (EE), wat op 1 Januarie 2025 in werking getree het, het betekenisvolle gevolge vir sowel klein as groot ondernemings. Hierdie veranderinge is daarop gemik om transformasie in die werksplek te versnel en billikheid en inklusiwiteit te bevorder.
For South African expats living in the UK, recent developments in both the South African and UK tax systems could have significant implications for your financial future. With both countries tightening their tax systems, it's critical to understand your obligations on both sides and take proactive steps to protect your wealth. Here’s what you need to know about the changes and how FHBC can help you navigate them.
Om 'n trust in vandag se regulerende omgewing te bestuur, is meer kompleks as ooit tevore. As trustee staar u talle nakomingsvereistes, veranderende belastingregulasies en administratiewe verantwoordelikhede in die gesig wat noukeurige aandag aan fyn besonderhede verg. By FHBC verstaan ons die uitdagings wat u ervaar en staan ons gereed om u deur elke stap van die proses te lei.
Ons Jaareindfunksie was ‘n groot lekkerte. Dinners to Die for se Murder Mystery events sal verseker deur ons personeel aanbeveel word. Ons het ‘n paar kollegas tydens Desember gegroet, asook ‘n paar kollegas gedurende Januarie verwelkom. Vrydag 17 Januarie geniet ons die samesyn by ons afskopbraai.
2025 is die jaar om nuwe geleenthede te omhels en uitdagings te oorkom. Deur Cloud Accounting te optimaliseer en fokus te plaas op kontantvloei- en begrotingsbestuur, kan u besigheid nie net oorleef nie, maar floreer. Kom ons plant die saad van sukses en saam kan ons uitkyk na 'n vrugbare jaar vorentoe.