PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Die maatskappy was goed verteenwoordig by die jaarlikse Besigheidsliga van die Rolbalklub. Ons is steeds besig met die Krieket se Besigheidsliga. Valentynsdag was oudergewoonte gevier en die personeel was lekker bederf. Ons is trots op twee van ons Direkteure wat die Imbuko Imbuko Big Five Bergfietsresies voltooi het. Ons het die oujaar met ‘n braai afgesluit en verjaarsdaggroep 1 se partytjie is om die draai.

WOON EN WERK U IN DIE BUITELAND?  BELANGRIKE INKOMSTEBELASTING VERANDERING:  DIE 183-DAE-REËL IS EEN VAN DIE DAE IETS VAN DIE VERLEDE

WOON EN WERK U IN DIE BUITELAND? BELANGRIKE INKOMSTEBELASTING VERANDERING: DIE 183-DAE-REËL IS EEN VAN DIE DAE IETS VAN DIE VERLEDE

Hierdie artikel handel oor die wegval van die vergunning van die 183-dae reël waar in gevolge Suid-Afrikaners wat oorsee werk en woon, se buitelandse inkomste vrygestel word van inkomstebelasting indien hulle vir 183 dae (waarvan 60 dae aaneenlopend moet wees) in die betrokke oorsese land fisies teenwoordig was. Bykomend, brei die artikel ook uit op finansiële emigrasie as ‘n moontlike oplossing tot die wegval van die 183 dae reël.