Die personeel was weereens baie aktief. Ons het die Bejaardes bewusmaking veldtog ondersteun, ‘n pienk lintjie ter ondersteuning van kankerbewusmaking gedra, ‘n stoomtrein op fiets en voet aangedurf, Basedag met ‘n bederf by Spice Route gevier, ‘n babaseuntjie verwelkom, die koms van nog ‘n babaseuntjie gevier, ons kantore bietjie opgeruim en ons sien uit na die Jaareindfunksie.
