Al hoe meer Suid-Afrikaners diversifiseer hul batesamestelling om buitelandse bates in te sluit en word so ook blootgestel aan buitelandse boedelbeplanning en testamente.
Author: Marius Vorster (Marius Vorster)
TESTAMENT – VERSTAAN MY EKSEKUTEUR MY BEHOEFTES?
Soos dit duidelik uit ons vorige artikel blyk, kan die belangrikheid van ‘n Testament nie genoeg beklemtoon word nie. Om ‘n Testament op te stel of te laat opstel is ‘n stap in die regte rigting, maar dit is net so belangrik dat u Testament uitvoerbaar is en dat die verdeling van u bates korrek aangespreek word en uiteindelik aan u behoeftes voldoen.
KAN U DIT BEKOSTIG OM TE STERF?
Twee dinge is seker, naamlik die dood en belasting. Mens kan dus daarvoor beplan, maar ongelukkig besef te min mense wat die kostes van ‘n boedel behels en word daar dus nie voldoende voorsiening daarvoor gemaak nie. Dit veroorsaak nie net finansiële probleme nie, maar dit belaai ook ‘n reeds emosioneel traumatiese tyd vir die familie.
’N NUWE JAAR EN NUWE VOORNEMENS… IS U TESTAMENT OP DATUM?
‘n Lewe is kosbaar, maar die lewe is ongelukkig ook onvoorspelbaar. Ons advies vir die nuwe jaar is om tyd te maak om seker te maak dat u Testamentsake in orde is en dat die verdeling van u boedelbates en versorging van u gesin behoorlik aangespreek is. Ons vra en beantwoord ‘n paar basiese vrae ten opsigte van die opstel van ‘n Testament.
KONTANTERFENIS EN RENTE
Die bemaking van ‘n kontantbedrag of kontantlegaat kom redelik gereeld in Testamente voor. Ons ontvang dikwels navrae oor die rente wat op sodanige kontantbemakings verdien word gedurende die termyn wat die boedel onder administrasie was en die kontantbedrae dus nog nie aan die regmatige erfgename uitbetaal kon word nie.
BOEDELS EN TRUSTS, KRY HULP VAN KENNERS
Boedels, Testamente en Trusts is ‘n gespesialiseerde vakgebied en ons kry dus deurlopend navrae oor verskeie temas. Ons het ‘n paar vrae wat ons in die verlede ontvang het met terugvoere gelys.
POLISSE EN BOEDELBELASTING
Daar ontstaan dikwels vrae oor die hantering van polisse in u boedel en daar is veral baie onsekerheid oor of die opbrengs van ‘n polis belasbaar is vir boedelbelasting of nie. Hoe werk polisse en boedelbelasting?
WAT BEHELS BOEDELBEPLANNING?
Boedelbeplanning behels die proses om gedurende u leeftyd die uitvoerbaarheid van u Testament te toets met die doel om boedelbelasting, kapitaalwinsbelasting en skenkingsbelasting tot die minimum te beperk of selfs heeltemal uit te skakel.
VRUGGEBRUIKER EN BLOOTEIENAAR
Vind meer uit oor wie die vruggebruiker en die blooteienaar is en die verantwoordelikhede van elk onderskeidelik.
OP WATTER STADIUM KAN ‘N EKSEKUTEUR MET BATES HANDEL?
Daar ontstaan gereeld die foutiewe aanname dat ‘n eksekuteur onmiddellik na afsterwe by magte is om met die oorledene se bates te handel.