‘n Opgedateerde en ‘n regsgeldige Testament is een van die belangrikste nalatenskappe wat u vir u gade en kinders kan agterlaat.
Category: Estates and Trusts
HOEKOM IS DIT NIE RAADSAAM OM U EIE TESTAMENT OP TE STEL NIE?
Alhoewel daar geen voorskrif is wat bepaal dat u testament deur ‘n professionele persoon opgestel moet word nie, wil ons tog aanbeveel dat u van die volgende kennis neem alvorens u besluit om dit self te doen of ‘n konsep-testament by ‘n skryfbehoeftewinkel te koop.
MAAK GENOEGSAME VOORSIENING IN U BOEDELBEPLANNING VIR NADOODSE UITGAWES TEN OPSIGTE VAN U ONROERENDE EIENDOM
Indien daar nie voldoende fondse in die boedel is nie en die erfgenaam nie die nodige kontant het, of nie kwalifiseer om die verband oor te neem nie, sal die eiendom verkoop moet word om die boedelskuld te vereffen.
KAPITAALWINSBELASTING EN DIE OORROL-BEGINSEL
Bates wat aan langslewende gades bemaak word, is vrygestel van KWB aangesien ’n “oorrol” plaasvind. Daar ontstaan egter baie verwarring oor presies hoe hierdie oorrol-beginsel toegepas word.
‘N VRUGGEBRUIK OP SY BESTE
Daar is 'n bekende praktyk onder boedelbeplanners waarvolgens die testateur aangeraai word om sekere bates aan 'n erfgenaam, gewoonlik die langslewende gade, te bemaak, onderhewig aan een of meer opeenvolgende vruggebruike.
HOE WORD VERBANDE OOR DIE EIENDOM VAN ’N OORLEDENE HANTEER EN HOE BEÏNVLOED DIT DIEGENE WAT AGTERBLY?
Met die opstel van ’n testament word daar soms te veel fokus geplaas op hoe u bates moet vererf en oorskadu dit ’n baie belangrike komponent van boedelbeplanning: Hoe die skuld in u boedel hanteer moet word indien u te sterwe sou kom.
KIES U EKSEKUTEUR REG
Na ons mening behoort daar reeds gedurende u leeftyd ‘n besluit geneem te word oor wie of watter firma die administrasie van u boedel sal behartig en dat die eksekuteursvergoeding met die betrokke persoon of instansie onderhandel word.
BAANBREKER HOFSAAK: U WENSE IN U HUWELIKSVOORWAARDEKONTRAK DALK IN GEDRANG
‘n Herverdelingsbevel kan nou moontlik deur die hof toegestaan word selfs al is/was u buite gemeenskap van goedere sonder die aanwas getroud.
BOEDELBELASTING KAN ‘N GROOT FINANSIËLE STRUIKELBLOK WEES INDIEN U NIE VOORSORG TREF NIE
Boedelbelasting is belasting wat betaalbaar is op die oordrag van welvaart vanaf 'n bestorwe boedel na die begunstigdes en word gehef in terme van die bepalings van die Boedelbelastingwet van 1955.
TIPIESE PROBLEME WAT IN DIE BEREDDERINGSPROSES KAN VOORKOM
Die volgende is tipiese probleme wat in die beredderingsproses kan voorkom en dit is dus belangrik om gereeld u Testament te hersien en kundige advies in te win.