Indien kliënte sou kies om hulle bates of sommige van hulle bates saam te smelt, moet daar duidelik in die Testament bepaal word dat samesmelting moet plaasvind en watter bates saamgesmelt moet word.

Indien kliënte sou kies om hulle bates of sommige van hulle bates saam te smelt, moet daar duidelik in die Testament bepaal word dat samesmelting moet plaasvind en watter bates saamgesmelt moet word.
Hereregte is 'n belasting wat deur die koper betaalbaar is en word gehef op die waarde van enige onroerende eiendom wat by wyse van 'n transaksie verkry word.
Eksekuteursvergoeding waarop die Eksekuteur van u boedel geregtig is, word deur Wetgewing gereguleer en beloop tans 3,5% (Plus BTW) van die totale batewaarde van u boedel.
‘n Testament is nodig om effektiewe opvolging te verseker, maar dit is net so belangrik dat u testament geldig, korrek en op datum moet wees.
Om u Testament-sake op datum te bring is beslis ‘n stap in die regte rigting, maar die belangrikheid om ook u Eksekuteur reg te kies, kan nie genoeg beklemtoon word nie.
Die restant van ‘n boedel word eers bepaal nadat administrasiekoste, laste en eise, onderhoudseise van minderjariges en die nagelate gade, pre-legatarisse, legatarisse en restant erfgename vereffen is. Indien u dus wil verseker dat iemand ‘n spesifieke voordeel uit u boedel ontvang, sal dit raadsaam wees om die bedrag of bate by wyse van ‘n legaat aan ‘n pre-legataris of legataris te bemaak.
Die huidige toestand van “afsondering” skep uiteraard verskeie uitdagings. Die korrekte ondertekening van ‘n Testament in hierdie periode bly egter krities belangrik om te verseker dat die dokument wel geldig is. Die Engelse weergawe van die artikel volg onderaan.
Al hoe meer Suid-Afrikaners diversifiseer hul batesamestelling om buitelandse bates in te sluit en word so ook blootgestel aan buitelandse boedelbeplanning en testamente.
Soos dit duidelik uit ons vorige artikel blyk, kan die belangrikheid van ‘n Testament nie genoeg beklemtoon word nie. Om ‘n Testament op te stel of te laat opstel is ‘n stap in die regte rigting, maar dit is net so belangrik dat u Testament uitvoerbaar is en dat die verdeling van u bates korrek aangespreek word en uiteindelik aan u behoeftes voldoen.
Twee dinge is seker, naamlik die dood en belasting. Mens kan dus daarvoor beplan, maar ongelukkig besef te min mense wat die kostes van ‘n boedel behels en word daar dus nie voldoende voorsiening daarvoor gemaak nie. Dit veroorsaak nie net finansiële probleme nie, maar dit belaai ook ‘n reeds emosioneel traumatiese tyd vir die familie.